Property Details

Grootte: - Die hele plaas bestaan uit 4 titelaktes wat saam uit 1 134 hektaar beslaan.

Ligging: - Die plaas is baie goed geleë in die Southwell-gebied, Port Alfred. - 25 km vanaf Port Alfred, 25km van Kenton-on-Sea, 15 km van Bathurst, 35 km van Grahamstad. - Grens aan die bekende Kowierivier wat later by Port Alfred in die see uitmond. - Vorm deel van ‘n 45 000 ha bewaringsgebied.(Kowie/Kariega bewaararea). - Besondere mooi plaas met volop geelhoutbome, aalwyne en visarende, 3 stroompies water wat deur plaas vloei, ratels, erdvarke, kroonarende, blouduikers en broodbome wat natuurlik voorkom. - Kan die see sien vanaf die plaas – Port Alfred.

Potensiaal: - Die plaas is ideaal geleë vir die uitvoermark, slegs 150 km van die naaste uitvoerhawens – Port Elizabeth en Oos-Londen. - Ideaal vir besproeiing, wildteling/jag en beeste. - Ideaal vir Avos, Macadamias, Dragon Fruit, Bloubessies wat ‘n besonderse inkomste bied. - Sigorei (chicory) kan ook ‘n goeie inkomste bied, enigste fabriek in SA is slegs 50km van die plaas af. Wins per hektaar onder besproeiing is naby aan R50 000. - Groot aantal wild lewer goeie jaginkomste - Ideaal vir eko-toerisme – groot aanvraag! - Kan ideaal wees vir oornag-akkommodasie – tekort aan akkommodasie in die gebied.

Water / Besproeiing:

- Ongeveer 660 mm reën per jaar

- 535 214 m2 waterregte wat uit twee damme besproei word. Hierdie 2 damme is 33 jaar gelede gemaak, walle ongeveer 150m lank en tot 30 meter diep – die damme was nog nooit weer leeg nie. - Kapasiteit van twee damme saam is ongeveer 600 000 m2 (+-130 – 150 ha besproeiing, afhangende van die gewas) - Plek vir ‘n derde dam wat meer as 100 hektaar sal kan besproei op die plaas. - Die plaas het die potensiaal om 350 hektaar besproeiing te kan lewer. - Watersertifikaat en PH vlakke van water is beskikbaar.

- Eskom elektrisiteit by albei damme en rivier beskikbaar, asook twee ou pompkamers, een met twee 15 kw motors/pompe in. - Dam 1: 250 000 m3 water. - Dam 2: 350 000 m3 water. - Albei damme het groot bass en kurpers in. - 5 ou sementdamme - Kowierivier vorm een grens van plaas – vorige eienaar het uit rivier besproei. - Kan aansoek doen vir nog besproeiing uit rivier, baie water. - Sement keerwal in rivier, asook Eskom krag beskikbaar.

Drakrag:

Die plaas het baie hoë drakrag, tussen 3 en 3.5 ha per GVE. Tans meer as 500 stuks wild op omtrent 842 hektaar van die plaas, en meeste lande se gras(Rhodes/Smutsvinger) is in saad.

Lande:

250 hektaar (meeste van die lande het Rhodes/Smutsvinger/Kikuyo gras op), lande wat na 350 hektaar uitgebrei kan word. Van die lande het ondergrondse pyplyne.

Lande wat toegespan is: nuwe 2.4 m heinings met 1.2 m varkdraad onderaan.

3 Kampe :

Kamp 1: 18.28 hektaar Kamp 2: 19.45 hektaar Kamp 3: 76.6 hektaar. TOTAAL: 114 ha

Veldkampe: nuwe 2.4m heinings met 1.2m varkdraad onderaan.

6 Kampe : Kamp 1: 31.4 hektaar Kamp 2: Wild aflaai / aanpas kampie: 3.31hektaar Kamp 3: 2.91 hektaar Kamp 4: 54.8 hektaar Kamp 5: 55.9 hektaar Kamp 6: 29.4 hektaar. TOTAAL: 178 ha

Veiligheid: - Albei huise is 2.4 m hoog toegespan met volle geëlektrifiseerde heining en skuifhekke. - Albei huise het CCTV kameras met skerms - Volle alarmstelsels, gemonitor deur plaaslike maatskappy, 24/7 bystand. Paniek knoppies asook afstandbeheer ingesluit

Huis 1:

- 330 meter ten volle geëlektrifiseerde heining rondom erf (26 drade). - Nuwe veiligheidskameras: 18 CCTV kameras wat die hele huis dek - 40” Samsung Flat screen TV skerm waarop 18 CCTV kamers verskyn in sitkamer - 32” TV in hoofslaapkamer waarop al 18 CCTV kameras. verskyn.

Huis 2: - 315 meter ten volle geëlektrifiseerdevolle heining om erf

- 9 CCTV kameras wat die hele huis buite dek, 32” TV in hoofslaapkamer, 1 x Monitor in studeerkamer, 1 x monitor in TV kamer, alles ingesluit.

- Die hele area word gemonitor deur Panther sekuriteit (uitstekend!) en geen ernstige misdaad het nog hier voorgekom nie.

- Alle ingangpaaie na die Southwell gebied word gemonitor deur kameras, so geen voertuie kan ongesiens die area binnekom nie.(Agri SA).

Verbeterings: Huis 1: - 3 Fase Eskomkrag - 4 Slaapkamer, 2 badkamer, eetkamer, sitkamer, kombuis en spens. - Ou swembad - Ou tennisbaan - Lugversorging: - 18 000 BTU aircon in leefarea, 9000 BTU aircon in slaapkamer - Mooi tuin. - Groot stoor en baie buitegeboue. - Nuwe kantoor met badkamer. Kan ook as ‘n klein woonstel dien. - Aparte woonstel – nuut oorgedoen. - Tuin ten volle verlig met ligte saans.

Huis 2: - Een Fase Eskomkrag - Huis met 4 Slaapkamers, 2 badkamers, groot kombuis, oopplan eetkamer en sitkamer – ongeveer 200 m². - Die huis het veiligheidskameras en veiligheidshekke, - Erf is ten volle geëlektrifiseer, een- fase krag met boorgat en sonpaneel asook ou sement dam. - 3 x lugversorgers – 9000 BTU in studeerkamer, 12 000 BTU in hoofslaapkamer en 18 000 BTU in leefarea. - LED ligte wat tuin verlig

- Daar is ook ‘n volledig toegeruste “garage / gym” van 53 m². Alle toerusting ingesluit. - Shaker, Preacher Curl masjien, Smith Machine, Treadmill, Fiets, Bokssak, Volle stelle dumbbells van 10kg – 25kg, Bench bankie, Seated Calf raising masjien, Ab flyer en Chest press masjien – alles in puik toestand.

ANDER: - 5 Arbeiders huisies van ongeveer 50 m2 elk met ‘n besonderse uitkyk oor die groot plaasdam, ideaal om te omskep in oornag eenhede. Toegerus met Eskom krag. - Daar is ook 2 kleiner strukture en ‘n klein struktuur by die dam met twee kamers. - Ongeveer 46 km se grondpaaie op die plaas. - Verskeie klein gronddamme /walletjies. - Beeskraal en geboude dip. - Laaiplek vir wild/beeste - Skietbaan – teikens op 25 m, 100 m, 200 m, en 300 m - Twee store, een medium, een groot. - Groot aantal sementkrippe en damme versprei oor die plaas. - Sement bruggies oor stroompies - 2.4 m hoë nuwe Wildheinings van 15 km+ - Volledige buiteheining van 2.4 m met CAE sertifikaat. Buiteheining 18.3 km - 6.1 hektaar neutbome, (Beaumont). Bome is 10 jaar en ouer.

- 20 Skottel dubbeldisc - 13 Tand Beitelploeg (Rovic)

- 3 Tand Skeurploeg (Big Ox) - Ou 600 liter Jacto trekkerspuit

Wild sluit in: Wild, goed aangepas by klimaat: - 9 Elande - 4 Gemsbokke - 17 Buffels - 100 +Waterbokke met besonderse genetika, baie bulle wat ver oor 30” sal meet. - 210 +Rooibokke – meer as 50 ramme – van die ouer ramme sal oor 24” meet. - 50+ Bosbokke - 20+ Njalas - 8 Kameelperde - 9 Swartwitpense vroulik - 20 Rooi hartbeeste - 16 Zebras - 25+ Rooiribbokke. - 20+ koedoes - Ander wild – Blouduiker, Grysbokkie, Gewone duiker, Vlakvark, Bosvark, Groot Otter, Ratel, Jakkals, Rooikat, Erdvark ens. Voels – Kroonarend, Visarend, Knysna Loerie ens. Totaal meer as 500 stuks wild.

Port Alfred: - Dis ‘n baie gewilde area onder buitelanders asook plaaslike toeriste. - Beskik oor moderne winkelsentrums, Hospitaal, uitstekende skole, 43 Vliegskool en Stenden Universiteitskampus, verskeie aftree-oorde. - Pragtige skoon dorp - 150 km vanaf lughawens (Port Elizabeth en Oos-Londen), 35 km van Grahamstad, 25 km vanaf Kenton-on-Sea en 10 km van Bathurst. - Gematigde klimaat.

NOTA: Plase soos hierdie kom selde in die mark . Vorige twee eienaars het die plaas elk 40 jaar besit. Die plaas leen hom toe tot ‘n groot verskeidenheid moontlikhede agv die ligging en die waterregte.

Property Features

  • Property Type Farm
  • Stand Size 1,134ha

Location

Enquiry

Interested in property 1875474? Please fill in your details below, and we will contact you as soon as possible.

Property Alerts

Receive email alerts for properties matching your criteria.

Subscribe